23 Februarie 2023

James Bond-ster Sean Connery is dood

Die akteur Sean Connery speel James Bond in die 007-rolprent "Goldfinger". (Eon Productions)
Die akteur Sean Connery speel James Bond in die 007-rolprent "Goldfinger". (Eon Productions)

James Bond-ster Sean Connery is dood, het sy familie Saterdag gesê. Hy was 90.

Hy het verlede Augustus sy 90ste verjaardag gevier.

Sir Sean het oornag in sy slaap gesterf terwyl hy die Bahamas was, het sy familie gesê.

Hy is al 'n geruime tyd siek.

Die Skotse akteur was veral bekend vir sy vertolking van James Bond. Hy was die eerste wat die rol na die grootskerm gebring het en het in sewe van die spioenasierillers verskyn.

Sean Connery se loopbaan het oor dekades gestrek en sy magdom toekennings het 'n Oscar, twee Bafta-toekennings en drie Golden Globes ingesluit.

Hy het ook opgetree in die Hunt for red October, Indiana Jones and the Last Crusade and the The Rock.

Baie glo hy was die beste akteur wat 007 in die jarelange franchise gespeel het. Hy het 'n Oscar in 1988 gewen, toe hy aangewys is as beste byspeler vir sy rol as 'n Ierse polisieman in die Untouchables.

Sean Connery is in 2000 by Holyrood-paleis deur die koningin tot ridder geslaan.


0 0 stemme
Artikel Rating
Teken In
Stel kennis van
gas
0 Kommentaar
Inlynterugvoer
Bekyk alle kommentaar
Is u seker dat u hierdie pos wil ontsluit?
Ontsluit links: 0
Is u seker dat u intekening wil kanselleer?